Wapenrusting

Efe 6:11:18
Ons weet dat n wapenrusting gebruik word in n geveg, dit word gebruik om die een wat dit aan het te beskerm. As kind van God waar kan os dit nodig kry? Ons het dit nodig in oorlogsvoering en wanneer ons intree vir n Ander. Hoekom? Ons geveg is in die geestes realm vers 12 so wat is die wapenrusting en waarvoor word dit gebruik?
Belt van die waarheid -is om Jesus en Sy woord te Ken, die kjv se stand therefore, having your loins girt about with knowledge and truth. Wat beteken to equip one’s self with knowledge and truth. Joh 8:31-32 as julle in My woord bly is julle waarlim my dissipels, en julle sal die waarheid Ken en die waarheid Sal jle vrymaak.
Borswapen van geregtigheid- dit is om in die regte verhouding met God te staan,, dit gebeur slegs deur geloof en volkome afhanklikheid op Jesus
Skoene van bereidheid -Jesus het gekom on te leer van liefde, vrede, en diensbaarheid, net soos Jesus moet ons ook bereid wees om in Sy voetspore te volg. Jes 52:7 hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring,
wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!”
Skild van geloof Die skild is dit wat Pyle afkeer… So dikwels Kom die duiwel en probeer steel deur jou aan te Val, maar jy moet vas staan op die belofte wat God gegee het, met geloof, so het die vyand geen land nie.
Jes 41:10 wees nie bevrees nie want Ek is met jou, kyk nie angstig rond nie want Ek is jou God, Ek versterk jou Ek hp jou, ook ondersteun Ek jou met My reddened regterhand
Helm van verlossing – beskerm jou gedagtes, want dit is waar die vyand jou die maklikste aanval. Dit beskerm die verlossing wat jy reeds binne jou het en hou jou Nader aan God. 2kor 10:5 elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Swaard van die Gees is God se woord, as jy Sy woord Ken, Ken jy Hom, Sy liefde en beloftes. As jy God ken weer jy Wie Hy is, wat Hy kan doen en waarvoor Hy staan Heb 4:12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg. Dit beoordeel die bedoelings en gedagtes van die hart

Die wapenrusting is nie net wat ons kan aangooi soos ons klere aan ons lyf gooi nie, dit is n leefstyl wat ons daagliks moet uit leef

Leave a Comment