Vrede is om saam met die son opkoms te stap, en die son se strale Val oor die dooie takke, en die ryp wat op alles sy bed bed maak, in die koue van die oggend net God se genade te sien in die hart van die winter.
Vrede is wanneer jy langs die waterstoom kniel, en besef daai stroom droog nooit op nie, dat Jesus vir ons n lewende stroom is
Dit is die wete dat selfs al wandel die duiwel ro d soos n brullende leeu, Jesus Sy vrede aan ons gegee het
Joh 14:27 vrede laat Ek vir julle na My vrede gee Ek aan julle , nie soos die wereld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.
Jes 26:3 vrede oorwin die wanorde wat ons omstandighede bring, wanneer ons ons fokus op die God van vrede plaas. Hy is immers groter as dit…
Jes 26:3 U Sal n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U
In die kjv se Thou will keep him in perfect peace
Dit is in daai oomblik wat jy net in die son sit en die raas wegskuif, en jy hoor jy Sal oky wees, en en jy besef net weer die grootheid van God en dat ongeag waar ons Hom plaas Hy steeds in beheer is.
Joh 15:4 Bly in My soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wynstok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie.
Ons het Jesus se vrede binne in ons, maar dit is ons werk om dit te vind en te gebruik.