Oop deure

As kinders van God moet ons in Sy wil wandel Sy wil ten alle tye soek al is ons hoe bang of onseker Hy sal ons sal ons nooit op n plek sit as Hy weet dat dit nie reg is vir ons nie. Ons kies soms om ons eie koppe te volg en soms glo ons dit is in Sy wil, dikwels oor ons desperaat raak. 
Ons bid so gereeld Vader maak vir ons die deure oop wat U vir ons wil he, maar ons sal  nie geduldig wag en vertrou op Hom nie ons sal ons eie deure prober oopmaak so baie onnodige dinge forseer. Deur dit te doen kry ons seer en dan wonder ons hoekom en prober ander blameer daarvoor. Ons sien dit dalk nie in die oomblik van frustrasie en seer raak nie maar ek weet dat Hy dit ook kan gebruik om ons uit sekere pleke te kry en of mense uit ons lewens te verwyder sodat Sy grootheid na vore kan kom.God is reeds in ons more Hy weet presies waar Hy ons wil he ons moet leer as Sy kinders om te wag en te luister en te gaan waar Hy ons wil he met geduld en geloof. Hy sal op die tyd vor ons sit waar Hy ons wil he ons moet ophou om ons eie koppe te volg en in Sy pad te staan ons is al wat in Sy pad staan om ons te seen soos Hy wil, Sy woord keer nie leeg terug nie Hy kan nie terug gaan op Sy woord nie en Sy woord sal Hy nooit breek nie. 
vertrou God om vandag jou deure oop te maak, die regte mense in jou lewe te plaas en die regtes te verwyder. 

Leave a Comment