Liefde

: 1Joh 4:8-9 Geliefdes laat ons mekaar liefhe want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie het God nie geken nie, want God is liefde. 
So dikwels eintlik te veel sal ons se “ek is lief vir jou” maar hoeveel keer is dit net woorde. Woorde om ons self beter te laat voel?

1Joh 3:18 My kinders laat ons nie liefhe met woorde en met  tong nie, maar met daad en waarheid.

1Kor 13:13  En nou bly geloof, hoop en liefde hierdie drie, maar die grootste hiervan is die liefde.

Gal 6:2 Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.

Is ons as kinders van God regtig bereid om lief te he soos Hy ons lief het, Hy dra ons laste, hoekom dra ons nie mekaar se laste in gebed nie. Ons se ons bid vir mekaar maar doen ons regtig, bid ons sonder ophou? Gebed vir mekaar is die suiwerse vorm van liefde, dit is n geskenk aan n ander, n eer en n voorreg. Liefde is n gawe van God.

1kor 12:31-13:1 maar beywer julle met die oog op fie beste gawes; en Ek wys julle n nog uitnemender weg. Al sou ek die tale van engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek n klinkende metaal of n luidende simbaal geword.

Leave a Comment