Psalm 103:15-18
Die mens soos die gras is sy dae; soos n blom van die veld so bloei hy. As die wind daaroor gaan is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie,. Maar die goedertierenheid van die Here is van ewigheid oor die wat Hom vrees, en Sy geregtigheid vir kindskinders
Jes 40: 6-8
N Stem se: Roep! En as hy vra: wat moet ek roep? Alle vlees is gras, en al Sy aanvalligheid soos n blom van die veld. Die gras verdor, die blom verkwelk as die asem van die Here daarin blaas, Voorwaar die volk is gras. Die gras verdor en die blom verkwelk maar die woord van onse God hou stand tot in ewigheid
Soos die seisoene verander is dit nie net die bome wat hul blare verloor nie, nie net die diere wat in n rus tyd ingaan nie, maar ook die gras wat van kleur verander, alles om ons lyk net vaal en dood, maar is dit regtig dood. Die gras is altyd groen, tot die eerste ryp Daarop gaan le, dan is dit skielik net n vaal gedoente wat die grond cover, maar is dit regtig dood?
So paar jaar terug le ek in die bed en die die veld naby my huis is besig om te brand, soos ek luister na die gekletter van die vuur besef ek dat die gras is besig om te brand. Natuurlik moet dit gebeur voordat die seisoen verander, soos dit verder brand besef ek net dat dit moet gebeur so seer as wat dit dalk mag wees, soos die gras so brand is hulle nie bekommerd oor wat van hulle gaan word nie, want hulle weet dat daar nuwes gaan groei,die wortels kom niks oor nie, en die ou dooie gras maak plek vir nuwe groen gras.
Matt 6:30
As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en more in die oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges.
Soos wat ons deur sulke tye gaan is dit so noodsaaklik om te onthou dat die woord van God tot in ewigheid staan, Hy gaan dit nie van ons af wegneem nie, Hy sal daar wees om ons te beskerm, Hy sal altyd voorsien in dit wat ons nodig het.
Psalm 147:7-8
Sing n danklied tot eer van die Here, psalmsing tot eer van onse God met die sitter, wat die hemel met wolke oordek wat vir die aarde reen berei, wat op die berge gras laat uitspruit.
Het jy al opgelet dat wanneer jy oor en oor oor dieselfde stuk gras loop dit met tyd n paadjie maak, wat op n manier tog maar jou lewe makliker maak, dit doen vir my, veral wanneer ek gaan fiets ry, die paadjie is daar. Dit laat my nogal dink aan die vyand wat ons so gereeld takel, dikwels oor dieselfde goed, hy maak vir homself n paadjie om by ons uit te kom, en ons besef dit ook nie altyd nie. Ek weet ek het nie…
Ons lewens is ook so, ons kry ons seisoene waar ons leer en net gevoed word met die reen, die woord en soveel goeie dinge, dit alles beinvoed ons in ons verhouding, in ons geloof, dan is dit asof dit alles net stil raak, amper asof dit wegraak. Is ons dan nou besig om dood te gaan? Nee, die is die tyd wat ons moet leer om stil te raak voor God, om toe te pas dit wat Hy ons geleer het, ja dikwels maak die tyd seer, en soms bring dit onsekerheid oor baie. Onthou dat as jy gewortel is in Jesus gaan jy niks oorkom nie, maar Hy maak wel plek vir nuwe dinge, nuwe groei, nuwe verhoudings, wat soveel beter is al wat jy reeds het.
Jy sien dat vir ons om te kan groei moet ons so af en toe tot stillstand kom, net om van voor herhinder te word dat sonder Jesus ons niks kan doen nie.