Bladwisselend



Elkeen van ons het dieselfde hoeveelheid tyd in n dag, tyd wat vir ons as geskenk gegee is, hoe leef jy daarmee. Die ding van tyd is, is dat dit wag vir niemand, wat verby is, is verby, verlore vir altyd, so gaan dit aan tot die tik van die wyser vervang word met die dood. 
Die vraag is hoe spandeer jy jou tyd. Is elkedag n nuttelose gejaag na tyd, of maak jy tyd om stil te word. 
Jaag jy agter aardse dinge na, meer werk, n grooter huis, n beter kar, maar tog het jy niks om te wys as die wyser stop nie, is ons dan eers spyt dat ons toegelaat het dat tyd ons baas geraak het, want in die tyd het ons gemis dit wat eintlik saakmaak. Psalm 90:9 want al ons dae gaan verby deur U grimmegheid, ons bring jare deur soos n gedagte. 
Wanneer gaan ons leer om net te stop, en stil te raak, wanneer gaan ons leer om regtig net voor die voete van Jesus te sit, en besef ons moet bou op n ewige lewe? Psalm 90:14 versadig ons in die more met U goedertierenheid sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae. 
Soek eers die koninkryk van God en al hierdie dinge sal bygevoeg word. Is dit dan nie makliker om stil te raak en Hom te soek eerder as om ander ding na te jaag nie. Ons maak nie tyd vir Jesus soos ons moet nie, dan verwag ons Hy moet opdaag, net dalk wag Hy dat ons moet opdaag. Jakobus 4:8 nader tot God en Hy sal tot jou nader. Vat vandag tyd en sit by Sy voete.

Leave a Comment