Lukas 10:41-42
Martha, Martha jy besorg en verontrus oor baie dinge. Maar een ding het jy nodig, en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie. Die lewe is so n gejaag, doen die, doen daai, werk bly besig, dikwels is dit nie net ons fisiese self wat so besig raak nie maar ons gedagtes ook. Ons stop eenvoudig nie, en raak so gewoond aan besig wees, so besef ons nie altyd wat ons besig is om te doen aan oneself nie. Ons moet dalk net Soos Maria kies om by die voete van Jesus te gaan sit, stil raak en luister, vergeet van wat gedoen moet word. Dit wat ons kry in die stilte van die oomblik is meer werd en sal altyd by ons bly.