Nuwe lewe onder genade

Nuwe lewe onder genade20/1/2019


Toe Jesus oppad was na n ander besteming was die water stil gewees, en skielik breek die storm los Mark 4:35-41 Net so met die pad wat ons met Jesus stap, so is ons oppad na n hrooter doel, n deurbraak of iets om te doen, en skielik out of nowhere is daar net storms om ons. Nou wat nou, hoekom die vrae gaan net aan… Die storms om ons is daar om ons aandag af te trek, om ons van koers aftegooi, sodat ons fokus verloor. Dit is juis hier wat ons moet kies, gaan ons vaskyk in die storm om ons en meegevoer word deur dit, vrees, ongehoorsaamheid, twyfel, moedeloosheid ens. Of ons kan kies om die krag van Jesus wat in ons is te gebruik, die lyding van die Heilige Gees te aanvaar en vashou aan die woord wat Hy ons gegee het, vasstaan in geloof en vashou aan Jesus. Moses het so situasie gehad in Eksodus 14:13-14 wat die egiptenare van agter gekom het en die see was voor hul, Josua kon nie deur die jordaan trek nie en bo dit was die rivier nog in vloed gewees. Dit is wanneer God juis wil he dat ons net moet stil raak voor Hom, Hy het immers belowe dat Hy vir ons n uitweg sal gee. 1kor 10:13 se so mooi vir ons dat saam versoeking sal Hy vir ons n uitweg gee. Vertrou Sy woord Sy krag en wees stil.

Leave a Comment