Kanker

Wees versigtig wat in jou hart omgaan want dit bepaal jou hele lewe. Spreuke 4:23
Kwale  kruip in Wanneer jy dit die minste verwag….  Dit Sal jou hele liggaam oorneem 
Wanner ons geestelik nie gesond is nie sal ons vleeslik nie gesond wees nie. Om in Jesus te leef is om gesond te wees. So gereeld sal ons Kies om Vas te hou aan die dinge wat verkeerd is en dit wat verkeerd GEGAAN het in ons lewens, te bang om te laat Gaan, want wat Gaan ons dan aan vashou Wie Gaan ons dan blameer. Verwerping, woede, onvergewings gesindheid, eensaamheid, haat, kwaad, bitterheid. Net Vir n bietjie duidelikheid: verwerping -> kwaad-> bitterheid-> onvergewings gesindheid -> geestelike siek wees -> dood EINA Ons hou dit in en so gee ons dit die perfekte habitat om te groei totdat dit ons hele menswees oorneem en ons vernietig. Dit sit n Muur tussen ons en God want ons voel aangekla soms skuldig, en dit dryf ons verder en verder weg en Dan boem geestelike dood. 
Jesus het die mag om dit weg te vat, heel te maak en so genesing te bring. So moeilik as wat dit mag wees laat dit by Sy voete, bring dit in die lig en so Sal jou vrymaking begin, is jou keuse! Vrymaking begin by jouWaar twee of meer in My Naam vergader daar sal ek wees. Matt 18:20 Bely mekaar julle misdade en bid Vir mekaar, sodat julle gesond Kan word.Jak 5:16Wanneer ons vergader in Sy Naam en ons sonde en te Kort kominge bely bring Hy genesing, vleeslik en Geestelik. Luister na mekaar Vir mekaar sonder oordeel, wees n veilige hawe Vir n Ander. Dit is ook maar net n geval van gewilligheid om  in Sy wil te wees. Net oor ons bely en lig daarop skyn beteken nie dat ons glad nie aangeval Gaan word nie, maar jy het die mag om dit te bestraf, jy is reeds vrygemaak. Weet die bloed van Jesus bring vrymaking en genesing. 
Spandeer tyd in Sy woord leer Hom ken en staan Vas op dit, maak dinge effe makliker. 
Repent and be set free, so Sal jy ok in vrymoedigheid na Hom Kan Gaan en heel gemaak Kan word, wees gewillig om na Hom te Gaan

Leave a Comment