Twee paaie

Matt 7:13-14Die skrif lees Gaan deur die nou poort, want breed is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur gaan. want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
net vir interesantheid kyk ook vers 21 Nie elkeen wat se Here Here sal ingaan in die koninkryk van die hemel nie, maar Hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.


PUNT 1; BREED IS DIE PAD WAT NA DIE VERDERF LEI
Dit is die maklikste pad, jy het nie nodig om die pad dop te hou vir aanvalle, gate of klippe nie. Vergelyk dit met die hoofweg die pad is breed en mooi tot jy in doe stad kom, dan begin die jaag na geld en tyd. Dit is wanneer ons as mens vergeet van ons beginsels ons integriteit , n gejaag na die dinge wat die VLEES tevrede stel, soos egbreek, afgodery, afguns en selfsug dinge soos dit. En dan vergeet ons dat daar n grooter doel is. Wanneer ons die pad stap kan ons nie die koningkryk sien nie. SO MAW op die end van die dag het jy steeds niks .Matt 6:24Mark 7:21,22Jak 4:7

PUNT 2: NOU IS DIE POORT EN SMAL IS DIE PAD
Dit is meer ingewikkeld maar tog eenvoudig, vol konsentrasie weerstand klippe, gate en so ag en toe n boom wat geval het. As jy nie oplet noe kan jy so maklik die pad verloor. Die pad wys ook elkedag die wonderlike werke van die Vader, dit leer jou ook on elkedag nader aan Hom te kom  Spreuke 3:6-10met gebed, geloof en stilte van die pad leer jou om n verhouding met Hom te bou Openbaring 3:16 tot jy by jou bestemming kom. Matt 6:33 soek eers die Konongkryk van God en Sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word.


PUNT 3: TWEE PAAIE
Matt 6:24 lees dat jy nie twee here kan dien nie, want jy sal die een life he en die ander haat, jy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God en mammon dien nie.Wanneer jy met een wiel op die gronpad ry en doe ander opdie teerpad gaan jy jou bediening en verhouding met God skade doen asook die mense wat in ons lewens geplaas word wat jy moet bedien en die wat jou moet bedien. Ons dien n jaloerse God Hy wil ons alles he ons moet Hom eerste stel Hy is die begin en die einde.Jak 4:4Ons dien  ook n jaloerse God wat ons vir Homself wil he weer kyk oms na Openbaring 3:16

Leave a Comment